Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Man 26 jaar ná ontvoering in buurman se huis gevind

17 Mei 2024

‘n 45-jarige man van Algerië is ongedeerd gevind in sy buurman se kelder – 26 jaar ná hy vermis geraak het.

Omar Bin Omran van Djelfa was 17 jaar oud toe hy te midde van die Algeriese burgeroorlog in 1998 as vermis aangemeld is. Die BBC berig dat ‘n 61-jarige man in hegtenis geneem is in verband met die ontvoering en aanhouding van Omran.

Hy is sedert sy ontvoering in ‘n kelder van ‘n huis aangehou, slegs sowat 200 meter van sy ouerhuis.

Gedurende die 1990’s was die Algeriese regering gewikkel in ‘n 10 jaar lange konflik met Islamitiese groepe. Volgens die BBC het sy familie gevrees dat hy een van die 200 000 vermoorde landsburgers was, of dat hy soos 20 000 ander mense ontvoer is.

Omran het aan plaaslike media gesê dat hy talle kere sy familie deur die kelder se venster gesien het, maar kon nie na hulle roep nie “omdat hy deur die verdagte gebreinspoel is.”

https://twitter.com/CollinRugg/status/1790888523102618026

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende