Malusi Gigaba: “Vrou is lief vir geld; sal enigiets doen vir geld”


Luister nou

Volgende

Malusi Gigaba: “Vrou is lief vir geld; sal enigiets doen vir geld”

18 Junie 2021

Die voormalige minister, Malusi Gigaba sê sy vervreemde vrou, Norma Mngoma is “lief vir geld en sal enigiets doen vir geld.”

Dit was onder meer van Gigaba se getuienis vanoggend voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. Volgens hom wou sy by hom weet wat hy met sy pensioen sou doen, sodra hy nie meer ‘n minister is nie.

Hy meen selfs terwyl sy eie toekoms onseker is, is Mngoma “lief vir geld en lei ‘n luukse lewe.”

Volgens hom werk hy vir die ANC en meen “omdat dit nie so goed gaan met die ANC se geldsake nie, is dit belangrik dat hy moet spaar.” Gigaba sê sy het self erken dat sy niks met R 3000 kan doen nie.

Gigaba moes ook weer sy weergawe van gebeure gee toe Mngoma in Maart vanjaar by hulle huis in hegtenis geneem is. Volgens die getuienisleier, advokaat Anton Myburgh is dit nou bekend dat Mngoma na bewering ‘n familievriend se Mercedes-Benz G-Wagon 63 met ‘n groenteskiller gekrap het.

Sy het vroeër in haar getuienis aangevoer dat sy voor haar minderjarige kinders in hegtenis geneem is, maar volgens Gigaba is dit onwaar omdat die polisie elke keer gevra het dat die kinders eers verwyder moet word.

Die voormalige minister hou vol dat Mngoma jok in haar getuienis omdat sy bitter is oor die feit dat hulle skei.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Malusi Gigaba: “Vrou is lief vir geld; sal enigiets doen vir geld”


Luister nou

Volgende