Die voormalige minister van finansies, Malusi Gigaba het ‘n hofbevel bekom om Showmax tydelik te verbied om ‘n episode van ‘n program uit te saai waarin sy eksvrou, Nomachule Mngoma talle bewerings teen hom maak.
In ‘n episode van die program, The Untied, maak Mngoma bewerings van ondermeer ‘n verslawing aan pornografie en die misbruik van belastingbetalers se geld, teen Gigaba.

LEES OOK: Malusi Gigaba: “Vrou is lief vir geld; sal enigiets doen vir geld”
Gigaba meen dit is bewerings van sy persoonlike lewe wat sy reputasie skade kan berokken en sy moontlike terugkeer na die politiek kan belemmer. Dié episode sou van vandag af op Showmax beskikbaar gewees het.
MultiChoice se regsverteenwoordigers het aan News24 gesê dat die betrokke partye in ‘n dringende aansoek by die hooggeregshof in Johannesburg ooreengekom het om tot minstens die 7de Julie die uitsaai van dié episode te halt.
Dit sal Gigaba die tyd gun om te reageer op die bewerings teen hom. Een van die ernstige bewerings is dat hy die belastingbetalers se geld gebruik het vir persoonlike reise. Sy het ook destyds voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping oor Gigaba getuig.
LEES OOK: Oud-minister se vrou verskyn voor die Zondo-kommissie
Volgens News24 is Gigaba op 30 Mei in ‘n brief van die program se regisseurs oor die bewerings ingelig.
Hy het in sy hofaansoek gesê dat sy waardigheid bedreig word en dat hy aan die welstand van sy twee minderjarige kinders moet dink.
2 Responses
Lol ja nee Kan net glimlag.
Sy waardigheid.
Lol ja nee Kan net glimlag.
Sy waardigheid watse waardigheid het Hy, Al wat Gaan gebeur is datbjy haar Gaan last uithaal. Dis Mo’s wat hulle doen