Die Verenigde Koninkryk het weer geweier om ‘n visum aan die EFF-leier, Julius Malema toe te staan weens sy “ekstremistiese optrede” – wat volgens die VK – sy steun vir Hamas en ‘n oproep om wit mense te vermoor insluit.
Die Britse minister van binnelandse sake sê Malema se teenwoordigheid in dié land is nie bevorderlik vir die openbare belang nie.
Dit is Malema se tweede onsuksesvolle poging om die Verenigde Koninkryk te besoek.
Boonop is Malema ingelig dat toekomstige aansoeke waarskynlik ook nie onder die huidige omstandighede sal slaag nie, maar dat elke aansoek individueel beoordeel sal word.
Intussen sê AfriForum hy verwelkom die VN se besluit en beskou dit as ’n oorwinning vir menseregte. AfriForum sê hulle gaan hul internasionale veldtog teen sogenaamde haatspraak verskerp.
Volgens Ernst van Zyl, hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, is die Britse regering se definisie van ekstremisme – wat die bevordering van ’n ideologie gebaseer op geweld, haat en onverdraagsaamheid behels – ’n akkurate beskrywing van Malema en die EFF se optrede.
Official Letter from UK Home Office Denying CIC Julius Malema Visa Application pic.twitter.com/AgdgobB2Bh
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) June 19, 2025
One Response
Wil hy dalk vlug….