Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Malema terug in hof oor afvuur van vuurwapen

30 Januarie 2023

Die leier van die EFF, Julius Malema en sy lyfwag Adriaan Snyman het vandag weer in die streekhof in Oos-Londen verskyn.

Die burgerregteorganisasie, AfriForum het klagtes teen Malema ingedien ná beeldmateriaal aan die lig gekom het waar dit lyk of Malema ’n vuurwapen in die openbaar afvuur. Die wapen is deur Snyman aan Malema gegee.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg Malema vir die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare gebied sonder goeie rede om dit te doen, asook die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder die nodige lisensie en magtiging.

Volgens AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk het die aanklaer vandag besluit om die beeldmateriaal in die hof te wys. Malema en Snyman se prokureurs het egter hierteen geargumenteer en gesê dat die geldigheid van die video nie bewys kan word nie, en ook dat die bron van die video nie bevestig kan word nie.

“Die staatsaanklaer adv. Joel Cesar het aangevoer dat twee ooggetuies wat op die toneel teenwoordig was, reeds getuig het dat die gebeure wat in die video uitgebeeld word, wel plaasgevind het.”

Broodryk sê Malema se regspan het ’n “verhoor binne ’n verhoor” versoek om te bepaal of die beeldmateriaal toegelaat moet word. Die saak is tot 31 Januarie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig