Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Malema sê alle produkte vanaf Israel moet van winkelrakke verwyder word

24 Oktober 2023

Die EFF-leier Julius Malema sê sy party sal alle Israeliese produkte van die winkelrakke verwyder, as winkels dit nie uit vrye wil gaan doen nie.

Malema het gister ‘n optog gelei na die Israeliese ambassade in Lynnwood in Pretoria. Volgens hom is talle produkte op Woolworths se winkelrakke van Israel afkomstig. Hy het ook gevra dat McDonald’s Suid-Afrika afstand doen van McDonald’s Israel aangesien hulle gratis etes verskaf het aan Israelse soldate.

Die winkelgroepe het nie op Malema se uitlatings gereageer nie.

Malema het ook gesê sodra die EFF regeer, sal hy wapens en ammunisie aan die militante groep Hamas verskaf, om hul geveg teen Israel voort te sit.

Die EFF eis ook dat die Israeliese ambassade se deure gesluit word.

Malema sê die ANC-regering is bang om die ambassade te sluit, omdat die staat geld van die Israeliese regering ontvang om die ambassade te huisves.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende