3 Junie 2022
Die landdroshof in Randburg het die ontslagaansoek – wat deur die EFF-leier Julius Malema en LP Mbuyiseni Ndlozi gebring is – van die hand gewys.

Hulle het ‘n aansoek ingevolge artikel 174 gebring met die argument dat die staat nie genoegsame bewyse vir ‘n skuldigbevinding het nie.
Die saak duur vanmiddag voort.
Die advokaat vir die verdediging, Laurence Hodes SC, het aangedui dat Malema en Ndlozi gereed is om te getuig.
Hulle word daarvan aangekla dat hulle ‘n polisiebeampte, lt-kol Johannes Jacobus Venter, by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela in April 2018 aangerand het.
Intussen het ‘n groot groep EFF-ondersteuners ook buite die hof bymekaar gekom.
https://twitter.com/EFFSouthAfrica/status/1532642925313552385
https://twitter.com/EFFSouthAfrica/status/1532665688493531141