14 September 2023
Die Springbokhaker, Malcolm Marx se Wêreldbeker-rugbyveldtog in Frankryk het tot ‘n einde gekom nadat hy ‘n kniebesering by die Springbokke se oefensessie in Toulon opgedoen het.
Volgens berigte het Marx ‘n anterior kruisligament geskeur wat hom vir ‘n onbepaalde tyd van die veld af gaan hou.
Hoewel daar heelwat diepte op haker is, kom die aankondiging as ‘n terugslag vir die span aangesien hulle op 23 September ‘n volsterktespan op die veld wil hê vir hulle kragmeting teen Ierland, in Parys.
Marx is die vierde Bok-speler wat vanjaar beseer is, die tweede by vanjaar se Wêreldbeker-toernooi en die eerste wat uit die toernooi moes onttrek.
Foto: ESPN
