7 Desember 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê sowat 69 000 meer mense is in 2020 aan malaria dood, in vergelyking met die vorige jaar.
Volgens die WGO is meer mense dood weens die ontwrigtings, wat die Covid-19-pandemie veroorsaak het. In 2019 is 558 000 mense aan malaria dood. In 2020 het dit tot 627 000 gestyg. Die meeste gevalle is onder arm-gemeenskappe in Afrika.
Die WGO sê die pandemie het die voorkoming, diagnose en behandeling van malaria vermoeilik. Die direkteur van die WGO se universele malaria-program, Pedro Alonso sê daar is aanvanklik verwag dat malaria-sterftes in 2020 sou verdubbel, maar weens vinnige ingryping kon dit voorkom word.