Maatskappy waarsku belastingpligtiges om nié outo-aanslag net te aanvaar nie


Luister nou

Volgende

Maatskappy waarsku belastingpligtiges om nié outo-aanslag net te aanvaar nie

2 Julie 2024

Die finansiëledienstemaatskappy, Everest Wealth sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se outo-aanslag sluit nie noodwendig alle inligting in nie.

Die maatskappy maan belastingpligtiges om nie net gelate te aanvaar dat die aanslag korrek is nie

Volgens die hoof van adviesdienste by Everest Wealth, Riaan Grobler, kan die nalate om die aanslag na te gaan daartoe lei dat ʼn belastingbetaler minder geld terugkry as waarop die persoon geregtig is, of dat die persoon later selfs gepenaliseer kan word.

Grobler sê om bloot ʼn outo-assessering te aanvaar sonder om die inligting te verifieer kan egter ook veel meer verreikende gevolge inhou as om nie ʼn terugbetaling te ontvang nie. “Dit kan tot gevolg hê dat ʼn belastingbetaler later gepenaliseer word omdat ander belangrike inligting, soos bykomende inkomste, nie verklaar is nie.”

Die SAID wil vanjaar sowat 4,8-miljoen belastingbetalers outomaties aanslaan – byna 1-miljoen meer as verlede jaar.

Outomatiese assesserings word tussen 1 en 14 Julie gedoen en belastingbetalers sal vanaf 15 Julie hul opgawes kan indien. Belastingbetalers het tot 21 Oktober om hul belastingopgawes in te dien.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Maatskappy waarsku belastingpligtiges om nié outo-aanslag net te aanvaar nie


Luister nou

Volgende