1 Maart 2024
Motoriste kan hulle gereed maak vir die grootste styging in die petrolprys sedert Oktober 2023.
Die finale onderverhaling op 95-oktaan-petrol vir Maart se brandstofpryse wat na verwagting Woensdag sal intree is R1,20 per liter.
Dit sal dus die vyfde grootste styging in twee jaar wees indien dit so gebeur. Die voorspelling is gegrond op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds.
93-oktaan-petrol sal na verwagting R1,16 per-liter kos. Die onderverhaling op diesel is tussen R1,06 en R1,18-sent per liter.
Paraffien sal na verwagting 63-sent per liter duurder wees.
Sou dié aanduidings ʼn werklikheid word, gaan ʼn liter 95-oktaan-brandstof in die binneland jou R24,44 kos, terwyl 93-oktaan-petrol jou R24,01 per liter in die binneland gaan kos.