17 Julie 2023
Die verhoor van die Suid-Afrikaanse vrou wat in Nieu Seeland daarvan aangekla word dat sy haar drie jong dogters vermoor het, Lauren Dickason (41), het vanoggend in die hooggeregshof in Christchurch, begin.

Dickason het skuld ontken op die aanklagte van moord op grond van ontoerekensvatbaarheid weens ‘n geestes-ongesteldheid ten tyde van die voorval.
Die staat voer aan dat Dickason op 16 September 2021 haar drie dogters, Liané (6) en die 2-jarige tweeling Karla en Maya met kabelbinders en hul komberse versmoor het, waarna sy probeer het om haarself om die lewe te bring.
Die gesin het kort voor die voorval na Timaru geëmigreer waar sy en haar man, Graham mediese dokters is.
Volgens ‘n berig van die Nieu-Seelandse nuusblad, stuff.co.za het die kinders hulle wangedra. Lauren het glo aan hulle gesê dat hulle halssnoere gaan maak, waarna sy die kabelbinders om hulle nekke vasgemaak het.
