Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Ma van 22 kinders wil minstens 100 babas hê

26 Oktober 2023

‘n 26-jarige vrou het ‘n video op haar sosiale media-platforms gedeel waarin sy haar 22 kinders se name en geboortedatums bekend maak – waarvan 20 in dieselfde jaar gebore is.

Die Russiese ma, Kristina Ozturk, woon saam met haar man, Galip (58) en 22 kinders in Georgië. 21 van die kinders is deur middel van surrogaatskap die wêreld gebring., maar Kristina meen sy is nog nie klaar nie en wil soveel as 105 biologiese kinders hê.

Haar miljoenêr-man is vroeër die jaar tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis weens die onwettige aankoop en besit van dwelms. Hy is in Mei in hegtenis geneem nadat die dwelms in sy huis gevind.

Kristina se oudste kind, Victoria is in 2014 vanuit ‘n vorige verhouding gebore. Die jongste kind, Olivia is in 2021 gebore, terwyl die ander 20 kinders in 2020 gebore is.

Sy het in 2021 gesê dat sy £67 000 of sowat R1,5-miljoen jaarliks bestee aan 16 oppassers wat in haar huis woon. In daardie stadium het sy en haar man reeds £142 000 (meer as R3-miljoen) bestee aan surogaat-ma’s.

Sy sê hulle gaan wag tot die kinders ouer is en sal dan weer met die surogaatproses begin.

Foto: Daily Mail

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende