13 September 2021
‘n Benoni-ma (27) is in ‘n plaaslike hospitaal se intensiewe sorgeenheid opgeneem nadat sy en haar motor vanoggend buite haar dogter se kleuterskool, na bewering deur haar lewensmaat (40) aan die brand gesteek is.
Die polisiewoordvoerder, kolonel Noxolo Kweza het die voorval bevestig en sê ‘n saak van poging tot moord word ondersoek. Volgens haar het die vrou haar 5-jarige dogtertjie pas by die Step Up Rynfield-kleuterskool afgelaai toe die man haar na bewering met petrol gegooi en aan die brand gesteek het.
Volgens Kweza is die vrou se vriendin, wat saam met haar was ook in die voorval beseer. Die verdagte is ook beseer en is tans onder polisie-toesig in die hospitaal.
‘n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging word ook ondersoek omdat die vrou se Hyundai Getz heeltemal uitgebrand is.
Stem vir die Aitsa’s