29 April 2024
Drie jaar na die moord op die 2-jarige Chevonne Rusch, is haar 24-jarige ma en dié se voormalige verloofde gevonnis in verband met haar moord.

Rochelle Botha en Stefan van Niekerk is in November verlede jaar skuldig bevind op aanklagte van moord, verkragting, mensehandel en kindermishandeling. Botha is tot 25 jaar gevonnis, terwyl Van Niekerk tot twee keer lewenslange gevangenisstraf gevonnis is.
Dit kom nadat Chevonne in Mei 2021 in die Wannenburg-kliniek in Germiston opgeneem is met nagenoeg 49 wonde aan haar lyf. Sy is later in die hospitaal weens ‘n ernstige kopwond, dood.
Volgens regter Anneline Africa het Chevonne se ma haar verloofde bó haar eie kind verkies. Sy meen Van Niekerk het Chevonne en haar sibbe as voorwerpe beskou.
Botha se regsverteenwoordigers het reeds aangedui dat hulle die vonnis gaan appelleer.