12 Maart 2024
Oud-president Jacob Zuma het belowe om lyfstraf weer wettig te maak indien sý nuwe party, die MK-party, die komende verkiesing sou wen.
Zuma het ook aan ‘n groep kerkgangers in Kaapstad gesê dat die land onder die MK se bewind sal ophou om minerale soos goud en silwer uit te voer en daardeur Westerse lande verryk.
Hy wil hê dat daar eerder fabrieke gebou sal word om metale en minerale plaaslik te verwerk.
Zuma het ook voorgestel dat daar ‘n universiteit op Robbeneiland gebou moet word waar ongehude tiener-moeders en vaders heen gestuur kan word om hul studies te voltooi.
Intussen het ‘n peiling deur die Brenthurst-stigting bevind dat die MK-party se steun met 13% nou meer is as die EFF se steun wat op 10% staan.
Die MK het in September verlede jaar as politieke party geregistreer, waarna Zuma in Desember aangedui het dat hy die party tydens vanjaar se algemene verkiesing sal ondersteun.