Luukse Smeg ketel sal jou nié R60 kos nie


Luister nou

Volgende

Luukse Smeg ketel sal jou nié R60 kos nie

25 Januarie 2022

‘n Advertenie op sosiale media vir ‘n Smeg kommersiële ketel, wat “teen R60 op Takealot verkoop word,” versprei soos ‘n veldbrand, maar pasop voordat jy daarvoor val.

Die gewone prys vir die ketel op Takealot is R3349 (prys in Januarie 2022) – ‘n afslag van nagenoeg 98,2%. Dié aanbod is volgens Business Insider egter ongelukkig nié waar nie. Nog advertenies vir ‘n Samsung TV wat R60 kos is óók fopnuus en word ook wyd versprei.

Volgens die nuusdiens is soortegelyke advertensies dikwels op Facebook te sien en word deur fop rekeninge versprei. Een leidraad om dit as fopnuus af te maak, is die feit dat die “adverteerders” die R vir rand agter die bedrag sit en nie voor die bedrag nie.

Die doel van dié plasings is om meer mense te lok na onderduimse hardeware resensies, wat dan ‘n inkomste bring vir daardie webtuistes. Sosiale media-gebruikers word aangemoedig om nié op die skakels te kliek nie.

Facebook het ‘n funskie waarin dié plasings as fopnuus of misleidend aangemeld kan word, maar sommige sosiale media-gebruikers het Facebook daarvan beskuldig dat hulle nié die advertensies verwyder nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Luukse Smeg ketel sal jou nié R60 kos nie


Luister nou

Volgende