Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

LUR vra dat matriekleerlinge moet fokus wanneer eindeksamen Maandag begin

18 Oktober 2024

Die Gautengse LUR vir onderwys, Matome Chiloane, het die matriekgroep van 2024 versoek om hul fokus te behou gedurende hierdie eksamentydperk, wat Maandag, 21 Oktober begin.

Die departement het vroeër ’n seremonie vir die ondertekening van ‘n onderneming by Ahmed Timol Sekondêre Skool in Krugersdorp gelei.

Die seremonie gaan daaroor om elke leerling se integriteit en toewyding voor die eksamen te bevestig.

Die Gautengse Onderwysdepartement het intussen sy gereedheid vir Maandag bevestig, wanneer die matrieks regoor die land met hulle eindeksamen begin.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) sê die aanvang van die 2024 NSS-eksamens dui vir die onderwyssektor die naderende einde van die skooljaar aan.

Die SAOU meen die NSS-eksamens is egter baie meer omvattend as net die 700 000 kandidate wat die eksamen aflê.

Die vakbond se uitvoerende hoof, Paul Sauer sê vir die onderwyssektor is dit die “toets” van ‘n 13 jaar kwalifikasie en die resultaat van die insette wat ‘n groot hoeveelheid onderwysers oor jare in die lewe van ‘n kind belê het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende