24 Augustus 2022
Die LUR vir gesondheid in Limpopo, dr Popi Ramathuba het onder skoot gekom nadat ‘n video die lig gesien het waarin sy ‘n vrou meegedeel het dat die immigrante van Zimbabwe ‘n enorme las op die provinsiale gesondheidstelsel plaas.
Ten spyte van kommer oor die LUR se uitlatings en haar oënskynlik opruiende opmerkings oor migrante van die buurstaat, sê die regering dit is nog nie ‘n diplomatiese voorval nie.
Die vrou wat Ramathuba in die video aanspreek is vermeodelik ‘n Zimbabwiese migrant.
In die video word gesien hoe Ramathuba tydens ‘n besoek aan die Bela Bela-hospitaal in Warmbad ‘n pasiënt in een van die beddens aanspreek.
Sy sê ook vir die vrou dat die Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa nie geld gee om op Zimbabwiërs te opereer nie en dat sy dit dus op ‘n beperkte begroting gedoen het