Die LUR vir vervoer in Gauteng, Kedibone Diale-Tlabela sê die beraming en herstel van die beskadigde deel van die Gautrein se tonnel sal versnel word, sodat die vervoerdiens se bedrywighede so spoedig moontlik kan hervat. Gautrain het onlangs aangekondig dat sy busse elke 15 minute sal ry tussen die Park- en Rosebank-stasies nadat die tonnel tussen die twee stasies tydelik gesluit is. Dit volg nadat Gautrein se dienste oor die naweek ontwrig is na ‘n privaat huiseienaar ‘n boorgat bo die tonnel geboor het. Die vervoerdiens se dienste word deur water en modder ontwrig wat deur die tonnel se dak lek. Diale-Tlabela sê sodra die ingenieurs oplossings gefinaliseer het, sal die treine weer ten volle in bedryf wees. |