11 Oktober 2021
‘n 45-jarige LUR van die ANC in Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat hy homself glo aan die polisie oorgegee het.
Dit hou na bewering verband met twee aanklagte van moord en een van poging tot moord ná ‘n skietvoorval in Augustus vanjaar in Nelspruit (Mbombela). Die LUR, wat nog nié geïdentifiseer is nie, het vanoggend saam met sy prokureur by die Nelspruit-polisiestasie aangemeld, waarna hy in hegtenis geneem is.
Die polisiewoordvoerder, brigadier Vish Naidoo sê saam met die LUR se inhegtenisname is drie mense nou vasgetrek in verband met dié saak. Die 35-jarige Joseph Ngwenya en die 30-jarige Tshepo Matsane is op 17 September in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn. Beide is op borgtog van 20-duisend rand elk vrygelaat.
Volgens Naidu sal die LUR binnekort ook in die hof verskyn.
Stem vir die Aitsa’s