Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

LUR besoek Pretoria skool te midde van “rassisme” bewerings

31 Mei 2021

Ouers, oud-leerlinge en huidige leerlinge van Cornwall Hill Kollege in Irene, Pretoria het vanoggend ‘n plakkaat-betoging buite die skool gehou weens bewerings van rassisme.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi is ook sedert vroeg vanoggend by die skool om die bewerings te ondersoek.

‘n Huidige leerling van die skool het vanoggend ‘n toespraak gehou en vertel van bewerings van rassisme teen haar en mede-leerlinge.

Volgens haar was sy in graad 4 die eerste keer, wat ‘n onderwyser na bewering ‘n uitlating oor haar hare gemaak het. Die leerling meen die onderwyser het gesê dat haar hare nie aanvaarbaar en netjies is nie.

Foto: Aviwe Mtila. eNCA.

Lesufi het tydens ‘n toespraak by die skool gesê dat Cornwall Hill ‘n skool moet wees waar alle leerlinge welkom kan voel sonder enige “diskriminasie” teen hulle. Hy meen rassisme stop vandag.

Hy sê die departement sal die beleid van die skool hersien om seker te maak dat dit leerlinge en personeellede van alle rasse verteenwoordig.

Cornwall Hill Kollege het vroeër in ‘n verklaring gesê dat die skool steeds daarin poog om nie te diskrimineer op grond van ras nie.

Volgens die uitvoerende hoof, Leon Kunneke was daar tydens die skool se onlangse jaarlikse gholfdag ‘n vreedsame betoging oor ouers en leerlinge se eise vir diversiteit en transformasie.

Hy sê die skool het in 2020 ‘n raad saamgestel om die beleid te hersien en om te verseker dat daar aandag geskenk word aan leerlinge en ouers se kommernisse.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende