3 Oktober 2024
Op 40-jarige ouderdom staan ‘n brandbestryder van die Tuinroete Distriksmunisipaliteit se brand-en-reddingsdienste, Emile Conrad nié terug vir enigiemand nie.
Hy het in 2009 die beroep betree, en is reeds die afgelope 15 jaar by die Tuinroete Distriksmunisipaliteit.
Conrad het onlangs die Toughest Firefighter Alive SA-kompetisie vir die sewende keer gewen. Dít uit die nege keer wat hy al deelgeneem het. Volgens hom oefen hy hard, en eet hy gesond.
Conrad het aan Esté Gross vertel dat brandbestryders se nodige vaardighede op die proef gestel word. Een van die uitdagings is om brandslange sowat 75 meter ver te sleep en dan op te rol.