27 Februarie 2024
Die Wêreld se Sterkste Man-kompetisie word weer hierdie jaar in Mei aangebied, en ‘n plaaslike boer van Swellendam in die Wes-Kaap gaan vir ‘n tweede keer poog om dié gesogte titel in te palm.
Die 32-jarige Jaco Schoonwinkel het verlede jaar die eindrondte van die kompetisie gehaal.
Hy moes ongelukkig onttrek na hy sy knie se kruisligamente geskeur het.
Schoonwinkel het intussen weer herstel, en is hard aan die oefen vir die jaar se kompetisie.
Hy het Maandagmiddag met Elsa Esterhuizen en Anton Meijer gesels.