6 Julie 2023
Indien jy nog altyd die verkeer wou vryspring, kan jy dalk binnekort werk toe met jou motor vlieg.
Dit is as jy diep sakke het en sowat $300 000 of R5,7-miljoen het. Die Amerikaanse maatskappy, Alef Aeronautics is tans besig om die wêreld se eerste vlieënde motors, die Model A te bou.
Dié motor is onlangs deur die Amerikaanse lugvaartadministrasie FAA goedgekeur, en indien jy belangstel kan jy nou jou bestelling plaas. Die uitvoerende hoof van Jim Dukhovny sê dit is een klein tree vir vliegtuie, en een reusesprong vir motors.
Hy sê indien alle lisensies en regulasies goedgekeur word, sal hierdie ‘n groot geskiedkundige oomblik wees. Die motor sal 100% elektronies aangedrewe wees.
Die motorresensent, Bernard Hellberg het met Esté Gross gesels.
