16 Julie 2024
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) doen deurlopend ‘n beroep op mense om bloed te skenk, omdat een skenking tot drie lewens kan red.
Hulle wil ook ideaal vyf dae se bloed in voorrad hê.
‘n Man van Kroonstad in die Vrystaat, Jeremiah Jonker, het dié oproep ernstig opgeneem. Hy het op 1 September 1960 as 18-jarige begin om bloed te skenk, en het al 303 eenhede geskenk. Volgens hom het hy aanhou om te skenk omdat dit hom goed laat voel om te weet dat hy iemand kan help.
Jonker het onlangs ‘n toekenning by die Kroonstad se bloedbank gekry omdat hy ‘n lewenslange skenker is. Esté Gross het met hom gesels.
Foto van links: Dr Petro-Lize Wessels, George Neychens, Jeremiah Jonker, Paul Goetham