4 Januarie 2022
Die Suid-Afrikaans gebore Sam van Rensburg kon sy oë nie glo toe hy die uitsonderlike tapisserie wat die Voortrekkermonument uitbeeld op `n aanlyn veiling in Amerika sien nie.
Hy is reeds jare in die VSA werksaam as vlieënier. Van Rensburg het vanoggend in ‘n onderhoud met James Kemp gesê dat hy dié tapisserie aangekoop het en dat dié besondere voorwerp vanoggend – op sy verjaarsdag – by hom afgelewer is.
Die Amerikaanse aanlyn-verkoper vertel dat sy oupa en ouma van Wisconsin in 1966 Suid Afrika toe is om in Uitenhage navorsing en ontwikkeling in enjinsuiers te doen. Jare later keer hulle terug na Amerika met die besondere tapisserie.