25 Julie 2023
Ongeveer 40 studente wat onsuksesvol aansoek gedoen het om veeartsenykunde in Suid-Afrika te studeer bekwaam hulself nou in Hongarye.
Een van hulle is Kobus Hendrikz, van Hertzogville in die Vrystaat, wat vier jaar lank vir die program probeer kwalifiseer het. Sy pa, Nico is ‘n veearts op die dorp en praktiseer al vir nagenoeg 30 jaar.
James Kemp het met hom gesels.
Foto: Kobus Hendrikz en sy pa, Nico.
