15 Augustus 2022
Springbok ondersteuners is Saterdag (13 Augustus) weer bederf met ‘n terugblik na die 95 Wêreldbeker eindstryd op Ellispark, toe ‘n Flysafair vliegtuig nie een keer nie, maar sommer twee keer ‘n lae verbyvlug oor die stadion gemaak het.

Hoewel die uitslag van die wedstryd nou nie in die guns van die Bokke was nie, is die toeskouers steeds met hope vermaak getrakteer.
Kaptein Joggie Zeuner, wat die vlug behartig het, sê dit is een van die grootste hoogtepunte in sy loopbaan tot dusver.
Hy sê die verbyvlug is anders as die gewone dag-tot-dag vlugte en vertel dat daar baie voorbereiding ingegaan het.
Anton Meijer het met kaptein Zeuner gesels oor die vlug.
Foto’s: Nigel Hopkins.
https://twitter.com/deanwingrin/status/1558478555834712064