16 Mei 2024
Die honde-soek-en-reddingseenheid speel ’n deurslaggewende rol in die soek-en-reddingsoperasie by die ineengestorte gebou in George.

Nie net is die vierpotige reddingswerkers se snuffelvaardighede ongeëwenaard nie, hulle geesdrif is onuitputbaar.
Die gebou het op 6 Mei 2024 ineen gestort terwyl 81 konstruksiewerkers op die toneel was. Sedertdien is 33 mense dood, terwyl daar nog na 19 ander gesoek word.
‘n Ondersoek oor die gebeure sal ook volg.
Sersant Willie Visser het met Anton Meijer gesels oor die rol van die snuffelhonde op die toneel.