23 Oktober 2023
AfriForum Jeug sê hy het beweerde rassistiese uitlatings van dr. Pedro Mzileni, dosent aan die Universiteit van die Vrystaat, deur middel van ’n video blootgelê.
Dit volg nadat die jeugorganisasie in Augustus ’n klag van rassisme teen dié UV-dosent by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, asook by die UV, ingedien het.
Op dié video kan gehoor word hoe Mzileni stellings kwytraak soos: “The children of white people today, employing your children and subjecting them to animal treatment,” tydens ’n lesing op 25 Julie.
Nóg voorbeelde van sy uitlatings lui: “No other people are subjected to cruelty like black South Africans.” en “South African white people are chilling on the back of you. You are suffering…You are not the same.”
‘n Woordvoerder vir die beweging, René van der Vyfer sê die opmerkings is verdelend.
Foto: Wikimedia Commons