Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Luister: Twee TMPD-beamptes vas na hulle glo R3000 by motoris eis

12 Julie 2022

Twee beamptes van die Tshwane metropolisie is gisteraand in hegtenis geneem, na hulle glo ’n motoris van Pretoria afgepers het om omkoopgeld aan hulle te betaal.

Die TMPD beamptes het die vrou Sondagoggend by ’n padblokkade in Erasmuskloof in Pretoria afgetrek.

Die beamptes het haar daarvan beskuldig dat sy met ‘n ongeldige registrasiedokument rondry.

Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid Grandi Theunissen het Sondag toevallig verby die padblokkade gery waar die beamptes probeer het om die vrou af te pers.

Theunissen het die vrou aanbeveel om die motorhandelaar te skakel om die registrasiedokumente van haar voertuig te bevestig.

Na daar toe bevestig is dat die dokumente wel geldig is, en die geskil tussen die vrou en die metropolisiebeamptes opgeklaar is, het Theunissen die toneel verlaat.

Die TMPD beamptes het egter toe voortgegaan met hulle pogings om die vrou af te pers. Hulle het haar beveel om R3,000 se kontant te onttrek by ’n nabygeleë OTM.

Die OTM het nie gewerk nie, en die vrou het toe na haar huis gery.

Die TMPD beamptes het haar toe agtervolg, en haar voor haar hek gedwing om die R3,000 oor te betaal via e-Wallet.

Die vrou het gister klagte teen die beamptes aanhangig gemaak by die Garsfontein polisiestasie.

Anton Meijer het vanoggend met Theunissen gesels. Luister hier na die onderhoud:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

mcebisi-jonas-1500-800

Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Julius-Malema6

“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-04-14 151010
Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees
Brakfontein-substasie
Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag
UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin
mcebisi-jonas-1500-800
Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende