27 Februarie 2023
’n Suster van die NG-gemeente Albertinia in die Wes-Kaap het dit haar doelstrewe gemaak om teddiebere na kinders in Turkye te stuur na afloop van die verwoestende aardbewings op die grens met Sirië wat meer as 50 000 lewens geëis het.
Elriza Coetzee het die projek, Teddies vir Turkye, van stapel gestuur en wil in April deur middel van ’n honderdduisend teddies spore van omgee in daardie kinders – wat alles verloor het – se harte los.
Esmarie Yssel het met Elriza gesels.
Foto: Teddies for Turkey Facebook