5 Augustus 2021
Die Suid-Afrikaanse swemmer Roland Schoeman sê die land het talle talentvolle sportsterre, maar meen hul kan nie na behore presteer nie weens ‘n tekort aan leiding asook ‘n leier met die nodige sportkennis.
Schoeman het Donderdagmiddag (5 Aug) in ‘n onderhoud aan Pretoria FM gesê dat hy ernstig is oor die feit dat hy sy hand op gesteek het om as die land se volgende minister van sport te dien.
LEES OOK: SWEMMER STUUR SY CV OM DIE VOLGENDE SPORTMINISTER TE WEES
Volgens hom het hy langer as 20 jaar se ervaring in sport en kan daarom sy kennis inspan om die land se sportsterre te lei.
Schoeman het aanvanklik grappenderwys op Twitter gesê dat hy ‘n beter sportminister sal wees as iemand soos Fikile Mbalula, wat al in die pos gedien het. Ná oorweldigende reaksie het hy formeel aansoek gedoen deur sy CV aan president Cyril Ramaphosa te stuur.
Volgens hom is die grootste probleem rakende sport in Suid-Afrika ‘n tekort aan transformasie. Hy sê die regering behoort ook meer te fokus op die ontwikkeling van jongmense.
Luister hier na ‘n gedeelte van James Kemp se onderhoud met Roland Schoeman op 5 Augustus 2021.
Hou Afrikaans op die lug