8 Junie 2022
“Ek het dit so lank weggesteek, vir niemand daaroor vertel nie, nie gedink dit sal ooit met my kan gebeur nie, maar hier sit ek nou, dit het met my gebeur.”
So sê Nicoleen Swart van Pretoria, wat deur haar vervreemde man, Jaco Swart aangerand is. Videos van kringtelevisiebeeldmateriaal is wyd op sosiale media versprei, waarin gesien kan word hoe Swart glo vir Nicoleen skop, slaan en stap.
Hy is gister skuldig bevind aan aanranding met die doel ernstig te beseer. Die Pretoria Noord-Streekhof het hom gevonnis tot ‘n boete van R20 000 rand en drie jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is. DIT nadat hy skuldig gepleit het.
LEES OOK: KYK: PRETORIA-MAN SKULDIG BEVIND AAN DIE AANRANDING VAN SY VROU
Nicoleen het met Sarina Bosman hieroor gesels.