31 Januarie 2023
Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, die SAUK het begin om briewe aan Suid-Afrikaners te rig waarin hulle eis dat mense TV-lisensies moet betaal vir rekenaarskerms, al ontvang dié skerms nie uitsaai-seine nie.
Volgens die SAUK se jaarlikse kennisgewing oor lisensies, word rekenaarskerms nou ingesluit by sy lys van toestelle waarvoor ‘n TV-lisensie betaal moet word.
Die nuusdiens, MyBroadband se redakteur, Jan Vermeulen verduidelik dat die openbare uitsaaier wil hê dat mense TV-lisensies moet betaal vir enige skerm, waaraan iets gekoppel word, wat ‘n sein kan ontvang. Dit sluit byvoorbeeld rekenaars in wat ‘n TV-kaart kan bevat sodat jy televisie op jou rekenaarskerm kan kyk.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa meen die SAUK maak die kennisgewings aan TV-lisensiehouers doelbewus onduidelik sodat mense paniekerig moet raak. Esté Gross het met Jan Vermeulen gesels.
Foto: Business Tech