2 November 2022
Die adjunk-minister van polisie Cassel Mathale sê ‘n bykomende 80 000 polisielede is nodig indien die polisie die misdaadvlakke in die land doeltreffend wil beveg.
Hy het gister die Nasionale Raad van Provinsies toegespreek oor die vordering wat gemaak word om veral polisiekantore vir die stryd teen misdaad toe te rus.
Daar is tans net meer as 100,000 polisielede.
Mathale het die begroting vir 15,000 nuwe rekrute verwelkom, maar sê dit is slegs ‘n druppel in die emmer van wat werklik benodig word.
Klankkoerant se Inge du Plessis het ‘n verslag saamgestel oor die kwessie.