19 Junie 2023
Dr. Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent van die NWU het op Vadersdag 2023 (18 Junie) interessante inligting met Esté Gross gedeel oor ‘n kunswerk van Rembrandt Hamerzoon van Rijn se monumentale werk Verlore Seun uit 1633-1669 (in Engels The return of the prodigal son – Nedl. De terugkeer van de verloren zoon).

Volgens dr. Combrink is dit ‘n kunswerk wat die vaderlike deernis en ‘n kind se versugting na aanvaarding op ‘n unieke en treffende manier uitbeeld.
Combrink verduidelik dat dié kunswerk waarskynlik een van Rembrandt se laaste werke is, en dat dit waarskynlik ʼn paar maande voor sy dood voltooi is. “In hierdie stadium voel Rembrandt irrelevant, selfs onsigbaar na ʼn uiters suksesvolle loopbaan, “internasionale” aansien en finansiële sukses. Sy vrou Saskia is lank reeds oorlede – sy sterf tydens haar vyfde bevalling; hy is in erge finansiële nood en is werklik alleen op aarde.
Rembrandt skilder Die verlore seun kort na haar dood en ook die dood van sy seun Titus, die laaste van sy vyf kinders wat sterf. Soos een skrywer dit stel: al die plekke aan sy etenstafel het leeg geword.
Hierdie storie van verlies is dalk ʼn sleutel tot die emosionele diepgang van Die verlore seun.
Die verlore seun is in die besit van die Hermitage-museum in St Petersburg.
Luister hieronder na die gesprek.
