29 Julie 2022
Die advokaat wat vier van die beskuldigdes in die Senzo Meyiwa moordsaak verteenwoordig, Malesela Teffo, het ‘n u-draai gemaak oor sy vorige aankondiging dat hy van die saak onttrek.
Teffo het vroeër die maand gesê hy onttrek van die saak, omdat hy deur “die staat en die howe geviktimiseer word.”
Hy het gister aangekondig dat hy nou wel weer die vier van die vyf verdagtes sal verteenwoordig.
Meyiwa is in 2014 in sy vriendin Kelly Khumalo se huis in Katlehong doodgeskiet. AfriForum se privaat vervolgingseenheid tree ingevolge ‘n waaksaamheidsopdrag namens Senzo se familielede op.
Die hoof van die eenheid, advokaat Gerrie Nel sê Teffo het deur middel van ‘n brief aan die regter en die Nasionale Vervolgingsgesag die regter onder meer van heksery beskuldig en meen die regter werk saam met ‘n toordokter om hom te laat ineenstort.
Esmarie Yssel het met Nel gesels.