19 Oktober 2023
Die onthutsende storie van Stewart Wilken of Boetie Boer, die Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar wat tussen 1990 en 1997 vroulike sekswerkers en jong seuns in Port Elizabeth geteiken het, prikkel opnuut televisiegehore se belangstelling, nadat Showmax gister die eerste van vyf episodes van ’n oorspronklike dokumentêre reeks, Boetie Boer: Inside the Mind of A Monster vrygestel het.
Een van sy slagoffers was sy dogter, Wuané. Wilken is in 1997 skuldig bevind op sewe aanklagte van moord, en twee van sodomie. Hy dien tans sewe lewenslange vonnisse uit.
Ter voorbereiding van die dokumentêr se verfilming het die reeks se regisseur, Jasyn Howes, vir Wilken in die tronk besoek. Hy het vanmiddag met Sarina Bosman gesels.