19 Mei 2023
Die Somerset-Oos-lughawe in die Oos-Kaap – wat die belastingbetaler sowat R51-miljoen uit die sak gejaag het – is tien jaar ná sy voltooiing ’n wit olifant.
Die projek was daarop gemik om toerisme en ekonomiese bedrywighede in die omgewing – veral in die Suurberg-erfeniskorridor – ’n hupstoot te gee, maar nou staan die lughawe in onbruik, maar word darem deur herders aangewend vir weiding vir hulle bokke, beeste en skape.
Esté Gross het gistermiddag met die DA-raadslid in die Bloukraanroete plaaslike munisipaliteit, Jonathan Martin gesels.
Foto’s: DA
