16 April 2024
Die DA in Gauteng sê dit is onaanvaarbaar dat dié provinsie se gesondheidsdepartement R14-miljoen per jaar aan elf Kubaanse dokters bestee terwyl talle plaaslike geneeskundiges sonder werk sit.
In antwoord op ‘n vraag wat dié party se Jack Bloom aan die LUR, Nomantu Nkomo-Ralehoko gestel het, blyk dit dat dié dokters se individuele vergoedingspakkette tussen R1,2-miljoen en R1,6-miljoen per jaar beloop.
Volgens die LUR is hulle in diens as deel van die SA-Kubaanse Ooreenkoms, en het hulle verdragsvisums om in Suid-Afrika te woon en te werk.
Bloom het belowe dat die provinsiale departement nie buitelandse dokters voorkeur bo plaaslike dokters sal gee indien dié party na afloop van die verkiesing beheer oor dié provinsie kry nie.
Mari Oosthuizen het met Bloom gesels: