8 Augustus 2022
Die Lewende Vroue Erfenismonument in die Pretoriase middestad is in 2018 voltooi nadat dit meer as R200-miljoen gekos het om op te rig.

Dié museum is egter reeds baie jare gesluit vir die publiek en die lang grasse en vullis buite die gebou, skep ‘n lelike prentjie. Die DA se skadu-LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning Kingsol Chabalala het die monumente besoek.
Die monument en museum is gebou om vroue te vereer en te gedenk, wat ‘n “belangrike rol gespeel het in die stryd teen apartheid.” Die planne is reeds in 2012 opgetrek en moes in 2015 voltooi word.
Chabalala sê tydens sy besoek het hy gevind dat die dak lek en dat die huisbak en brandblussers nie werk nie. In 2022 – vier jaar na sy voltooiing – is hy steeds nie oop vir die publiek nie , en die DA meen in vrouemaand is daar geen rede om fees te vier nie.
Die party se woordvoerder vir sport, kuns en kultuur, Wildrie Peach het met Esmarie Yssel oor die monument gesels: