27 Junie 2022
Die Tshwane-metro se hoofkantoor, Tshwane-huis, in die Pretoriase middestad, is hierdie Jeugmaand ietwat kleurvoller as gewoonlik, nadat die Mercy Foundation en die AttSaul Arts and Culture Forum hande gevat het met die metro om ’n jeugkunsuitstalling na Tshwane-huis te neem.

Die tema van die kunsuitstalling is: Pretoria, my stad van hoop.
50 leerlinge van 23 skole in die hoofstad is gevra om hulle beskouing van Pretoria en hulle drome vir die hoofstad te skilder.
Ván die kinders is vir die eerste keer die kuns van skets of verf geleer… en die uitkoms is 50 helderkleurige kunswerke van Pretoria soos gesien deur hoopvolle jong oë.
