20 Desember 2024
PretoriaFM het talle noodkrete ontvang van die landbougemeenskap wat gebuk gaan onder die verwoestende droogte.
Vandag kom ons bymekaar in ‘n gees van geloof en gemeenskap om te bid vir reën oor ons land, en spesifiek vir ons boere in droogtegeteisterde gebiede.
Die droogte het nie net ons landbou geraak nie, maar ook die lewens en gemeenskappe wat afhanklik is van die vrug van die aarde.
Ons glo dat God die bron van alle lewe is en dat Hy in Sy groot genade die land kan herstel en weer kan voorsien.
Kom ons nader Hom met nederigheid en vertroue, en smeek vir Sy seën oor ons land en sy mense.