Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Luister: Ontdekking van theobromien op die maan se oppervlak kan NASA se begroting met die helfte besnoei

1 April 2023

Tydens die die Artemis 1 sending einde verlede jaar is theobromien op die maan se oppverlak ontdek.

Kenners reken dié ontdekking het die potensiaal om NASA se Artemis-projek se begroting met die helfte te verminder. Die Artemis-projek is die opvolger van die Apollo projek wat die eerste mense op die maan gesit het in die laat 1960s. NASA se eerste Artemis vuurpyl is op 16 Nov 2022 gelanseer.

Daar was geen mense aanboord nie en die doel van die sending was om te bewys dat NASA se nuwe Orion ruimtekapsule veilig Maan toe kan gaan en veilig terugkom aarde toe. Die volgende Artemis-vuurpyl word beplan om in November 2024 te lanseer. Hierdie vuurpyl sal wel beman wees, maar sal nog nie op die maan land nie.

Dit is eers met die Artemis 3-vuurpyl dat NASA weer mense op die maan sal sit. NASA beplan om die Artemis 3-vuurpyl in 2025 te lanseer en dit sal die duurste sending wees juis omdat daar mense aanboord gaan wees en hulle op die maan gaan land en veilig moet terugkeer aarde toe. NASA se begroting vir die volgende finansiële jaar is onlangs deur die Amerikaanse preseident, Joe Biden, bekendgestel en die grootste deel van NASA se begroting vir die volgende paar jaar word gewy aan die Artemis projek.

Dr Ruhann Steyn van die Sentrum vir Ruimtenavorsing by die Noordwes-universiteit sê daar is tydens die Artemis 1-sending baie infrarooi fotos van die maan geneem om verder te bepaal wat die chemiese bestandele van die maan se oppervlak is.

“Hierdie navorsing is glad nie nuut nie, maar dit is wel die eerste keer wat hierdie tipe spektrometer so naby aan die maan kon fotos neem. Dit blyk uit die resultate van die spektrogramme wat gemaak is van die fotos, dat die maan se oppervlak onder andere heobroma bevat. Theobroma is glad nie nuut vir die mens nie en is die hoof alkaloeied van theobromien. Dit is effens wateroplosbaar (330 mg/L) met ‘n effense bitter smaak.”

Volgens Steyn kan die theobromien op die maan se oppervlak gebruik word om lewe aan die gang te hou. Dit kan ook maklik verhit word met die energie van sonpanele, en deur eenvoudige prosesse gesit word om water mee te maak. Hy sê dit is ‘n reuse ontdekking wat ruimtevaardery heelwat makliker en goedkoper gaan maak.

Wetenskaplikes het aanvanklik gewonder of dit nie dalk kontaminasie is van vorige ruimtetuie wat op die maan geland het nie. Die gehalte van die theobromien op die maan is van baie hoër gehalte as wat op die aarde in ‘n laboratorium gemaak kan word. Steyn sê hy sien uit daarna om te sien hoe dit ontdekking ruimtevaardery gaan bevorder in die toekoms veral met Mars in gedagte.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende