1 Februarie 2023
‘n Egpaar van Polokwane Werner en Ika van Wyk, het hulle tot die hooggeregshof gewend oor wetgewing wat bepaal dat slegs vroue vier maande kraamverlof mag neem. Hulle vra in hulle hofaansoek dat dieselfde verlof aan pa’s toegestaan moet word.
Die werkgewersorganisasie Neasa het nou gevra om as vriend van die hof by die saak gevoeg te word sodat hy die uitwerking van so ‘n so ‘n besluit op werkgewers in die hof kan voorlê.
Die wet is onlangs gewysig, wat vir pa’s 10 dae se vaderskapsverlof gee. Volgens Neasa sal veral klein- en medium besighede finansieel swaarkry as mans ook vier maande met verlof moet gaan. Die organisasie meen die moontlikheid bestaan dan dat besighede ook die voordeel van vroue sal wegneem omdat hulle finansieel nie meer die mas kan opkom nie.
Esté Gross het met Neasa se nasionale bestuurder, Jaco Swart gesels.