18 Julie 2022
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) ondersoek tans een van die wreedste voorvalle van hondegevegte wat in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap plaasgevind het waarby twee Amerikaanse veghonde en ’n derde hond – wat vir dié doeleindes gesteel en vasgeketting is – betrokke was.

’n Ontstellende video van die geveg is op die 8ste Julie aan die DBV se spesiale ondersoekeenheid gestuur.
Twee 17-jarige seuns is uitgewys as die beweerde oortreders.
Ek praat nou met Inspekteur Shiven Bodasing van die NDBV in Johannesburg. Riaan Grobler het in Klankkoerant Naweek met Shiven Bodasing van die NDBV in Johannesburg gesels.