13 Desember 2023
Die eerste toetsprojek deur ‘n organisasie sonder winsbejag, “4 Day Week South Africa” om te bepaal of ‘n werksweek van vier dae prakties in Suid-Afrika sal wees, is pas afgehandel.
26 maatskappye het tussen Maart en September vanjaar aan die toetsprojek deelgeneem om te bepaal of ‘n 4-dagwerksweek kan werk in Suid-Afrika.
Die meeste maatskappye in die toetsprojek was in professionele dienste, bemarking en IT (altesame 19) en die meeste maatskappye (52%) is in die Wes-Kaap geleë.
Volgens die verslag het die meeste van die betrokke maatskappye aangevoer dat hulle inkomste gedurende die proeftydperk gestyg het, terwyl die hoeveelheid bedankings afgeneem het. Minder mense was afwesig, en werknemers was oor die algemeen gelukkiger en meer produktief.
Luidens die verslag het 35% van werknemers, wat deel was van die toetslopie, gesê dat hulle angsvlakke afgeneem het. 51% meen daar was geen verandering nie, terwyl 17% van die deelnemers meer stres ervaar het.
Elsa Esterhuizen het met kenners gesels oor of hierdie voorstel prakties is.