30 Maart 2022
Limpopo se padagentskap – die RAL – se plan om dié provinsie se grondpaaie te teer sal sowat 115 jaar duur om tot uitvoer te bring… én dit sal na raming R138 miljard kos.
Slegs ’n derde van die grondpaaie is geteer, omdat befondsing tekort skiet. Die skatting word vervat in die agentskap se beplanning van Maart 2021.
Die RAL sê hulle het 3 793 kilometer van dié provinsie se paaie geprioritiseer. Daar is egter ‘n totaal van 13 828 kilometer se grondpaaie in Limpopo, wat beteken slegs 27% van die grondpaaie word geteer teen ‘n koste van sowat R37-miljard.
Die departement van paaie en vervoer het egter slegs R1,27-miljard rand tot hul beskiking vir die opgradering van paaie.
Esmarie Yssel het met Rudolf Fourie, die uitvoerende hoof van Raubex gesels.